Reis deur die hemelruim in die AMT mobiele planetarium!

--:--
Dit is amper weer tyd vir die Toerisme Ekspo, wat vanaf 24 tot 26 April sal plaasvind. Die span van die Africa Millimetre Telescope sal leerlinge en volwassenes by die Ekspo vermaak en hulle deur die hemelruim neem in ’n mobiele planetarium. Meer as 13 000 mense het reeds die mobiele planetarium besoek, waarvan meer as 10 000 leerlinge was. Volgens Zandre Duvenhage van AMT is dit ’n wonderlike ervaring, veral vir kinders. Kaartjies vir die planetarium kan op etickets.my.na vir ’n spesifieke tydgleuf gekoop word. Duvenhage het Kosmos 94.1 Nuus meer oor die planetarium vertel.
19 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bela is laaste vertrouensbreuk met Afrikaners

Solidariteit sê die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is 'n laaste vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die vakbond sentraliseer die wetsontwerp, wat met die ANC se meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, besluite oor taal- en toelatingsbeleide, wat minderheidsregte ondermyn. Die vakbond beloof om…
3 May 5AM 1 min

Kampus-betogings kan Biden se Viëtnam word

Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders waarsku President Joe Biden oor sy standpunt teenoor pro-Palestynse betogings op kampusse regoor die VSA. Biden sê hy ondersteun vrye spraak maar wetsgehoorsaamheid is net so belangrik. Volgens Sanders kan die kwessie Biden se Viëtnam word.
3 May 5AM 1 min

Nuwe Huwelikswet vorder goed

Die kostes van egskeiding, die redes daarvoor en die bepaling van binne gemeenskap van goedere word aangespreek in die nuwe Huwelikswet. Die justisieminister Yvonne Dausab het onlangs aangekondig dat die proses om die wetgewing aan te pas, gevorderd is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jackson Wandjiva, die waarnemende uitvoerende…
3 May 4AM 1 min

Zim vry na beleggings in SA

Zimbabwe bied sy 2024-beleggingspitsberaad in Kemptonpark aan, om die land se ekonomiese en beleggingsgeleenthede aan sleutel-belanghebbers bekend te stel. Onder die tema, 'People You Can Invest In,' sal Zimbabwe se geskoolde arbeidsmag en aantreklike beleggingsvooruitsigte, veral in toerisme, mynwese en landbou bekendgestel word. Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, David…
3 May 4AM 1 min

Skaapbedryf blyk om te herleef

Die kommoditeit vir Maartmaand in die handelsstatistiek-bulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap was skaap op die hoef, skaapvleis en skaapprodukte. Namibië het in al drie kategorieë uitvoere van 97,3 miljoen Namibiese dollar gedurende die maand behaal. Dit wil voorkom asof die skaapbedryf, veral met uitvoere na Europa, ‘n herlewing toon na…
3 May 3AM 1 min