Windhoekers, kom skenk bloed!

--:--
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre tussen 8-uur en 2-uur 'n bloedskenkkliniek by die Channel Life-bloedskenksentrum aan. Die sentrum is in Windhoek se Post Street Mall tussen Town Square en Wernhil. Alle kwalifiserende en gesonde skenkers word versoek om bloed te skenk om te help verseker dat lewens gered word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Titus Shivute, die diens se woordvoerder, oor die bloed-beskikbaarheid-situasie op die oomblik.
19 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Skaapbedryf blyk om te herleef

Die kommoditeit vir Maartmaand in die handelsstatistiek-bulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap was skaap op die hoef, skaapvleis en skaapprodukte. Namibië het in al drie kategorieë uitvoere van 97,3 miljoen Namibiese dollar gedurende die maand behaal. Dit wil voorkom asof die skaapbedryf, veral met uitvoere na Europa, ‘n herlewing toon na…
3 May 3AM 1 min

SA se landdroste mag nie staak nie

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste het landdroste wat dreig om te staak, gewaarsku dit sal onwettig wees. Landdroste wat aan die Vereniging vir Regterlike Beamptes behoort, wil oor salarisse staak. Die vereniging beskuldig die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers dat hulle voete sleep om salarisverhogings…
3 May 3AM 1 min

Pandor moet Potgieter en Huxham huis toe bring

Die DA verwelkom die Departement van Internasionale Verhoudings en Samewerking se ingryping vir die vrylating van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee wat reeds langer as 15 maande aangehou word. Frik Potgieter en Peter Huxham is arresteer op vals dwelmaanklagte, blykbaar as vergelding vir beslaglegging op bates van Ekwatoriaal-Guinee se adjunkpresident…
3 May 3AM 1 min

Blou ekonomie is uiters belangrik

Reaksie word ontvang op die 15-jaar lisensie wat deur die African Aquaculture Company, wat sub-Sahara Afrika se eerste kommersiële salmboerdery en -produksiefasiliteit net noord van Lüderitz wil vestig, bekom is. Dit sal na verwagting sowat 5 000 werksgeleenthede verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Salomo Hei, die…
3 May 3AM 1 min

Madrid Ope: Dis Swiatek teen Sabalenka

Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek, kom soos verlede jaar in die Madrid Ope se eindstryd teen die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, te staan. Swiatek van Pole het die Amerikaner Madison Keys met 6-1 en 6-3 verslaan om haar derde eindstryd van die jaar te haal. Die tweede gekeurde…
3 May 1AM 1 min