Kaapstad sien 16% minder opvolg-inentings vir babas

--:--
Die gesondheid-departement in Stad Kaapstad het 'n 16-persent-afname jaar tot jaar aangeteken in opvolg-inentings van kinders jonger as 12 maande. Gedurende hul eerste lewensjaar bou kinders danksy inenting immuniteit op teen verskeie aansteeklike siektes. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Patricia van der Ross, sê wanneer kinders nie ten volle ingeënt is nie, bestaan die risiko om ernstige komplikasies te kry indien hulle besmet sou word.
19 Apr 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

VSA sal nie in SA-stemmery inmeng nie

Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land gaan nie by die Suid-Afrikaanse verkiesingsproses inmeng nie. Topamptenare van die Verkiesingskommissie het vroeër die maand met Brigety vergader, wat kommer laat ontstaan het dat Amerika by die verkiesing op 29 Mei kan inmeng. Die OVK sê daar is niks…
3 May 7AM 1 min

Arbeiders looi Tories in tussenverkiesings

Die Britse Arbeidersparty het betekenisvolle oorwinnings in die tussenverkiesings behaal en die Konserwatiewe eerste minister, Rishi Sunak, se leierskap ʼn knou gegee. Stemme word steeds getel en die belangrikste uitslag oornag was in Blackpool-Suid waar Chris Webb van die Arbeidersparty die parlementêre tussenverkiesing met 10 825 stemme by die Konserwatiewes…
3 May 7AM 1 min

Arbeid skors 7 vakbond, 1 werkgewers vereniging vir nie-nakoming

Die arbeidsministerie het genoeg gehad en het sewe vakbonde geskors wat Nafawu insluit geskors sowel as een werkgewers vereniging Nabta, omdat hulle nie die bepalings vir die indiening van jaarlikse opgawes nagekom het nie. Jeremiah Namalenga van die ministerie sê hulle is herhaaldelik gewaarsku en mag vanaf 5 Mei geensins…
3 May 7AM 1 min

Mudge stoei voort teen WGO-verdrag

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge het ’n perskonferensie in die hoofstad gehou na aanleiding van die debatte, inligting en spekulasie oor die betrokkenheid van die WGO in die sake van soewereine lande. Die WGO se pandemie-verdrag sal in sy mening beheer aan die organisasie gee om besluite…
3 May 6AM 1 min

Skerp reaksie van Troy se mense teenoor Goosen-stukke

Die eienaar van die Belgiese Malinois Troy, Chére van der Merwe, het skerp gereageer op die stukke wat deur Willem Goosen in die hof ingedien is. Goosen beskryf homself en sy familie as diereliefhebbers. Die stukke is ingedien voor die siviele saak oor Troy se skietery deur Goosen voorlopig teruggetrek…
3 May 6AM 1 min