Bannerman Energy hoopvol oor toekoms

--:--
Bannerman Energy het deur 'n uitgebreide omvangstudie vasgestel dat produksie by sy beoogde Etango-uraanmyn in Erongo byna kan verdubbel, en dat die myn se bedryfslewe van 15 tot 27 jaar gerek kan word. Bannerman is 'n uraanontwikkelingsbesigheid met bedrywighede in Australië en Namibië. Sy vlagskipbate, die Etango Uraan-projek, is suid-oos van Swakopmund geleë. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matjiua Hengua, die senior belange-groep verhoudingsadviseur by Bannerman Mining Resources Namibia, wat sê dat die uitbreiding van die mynbou verskeie werksgeleenthede sal verseker.
20 Apr 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mudge stoei voort teen WGO-verdrag

Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge het ’n perskonferensie in die hoofstad gehou na aanleiding van die debatte, inligting en spekulasie oor die betrokkenheid van die WGO in die sake van soewereine lande. Die WGO se pandemie-verdrag sal in sy mening beheer aan die organisasie gee om besluite…
3 May 6AM 1 min

Skerp reaksie van Troy se mense teenoor Goosen-stukke

Die eienaar van die Belgiese Malinois Troy, Chére van der Merwe, het skerp gereageer op die stukke wat deur Willem Goosen in die hof ingedien is. Goosen beskryf homself en sy familie as diereliefhebbers. Die stukke is ingedien voor die siviele saak oor Troy se skietery deur Goosen voorlopig teruggetrek…
3 May 6AM 1 min

Media verkeer onder erge druk

Wêreld Persvryheidsdag word vandag herdenk en daar is groot uitdagings in die bedryf. Maar, die dag is ook veral belangrik vir joernaliste op die vasteland, en in Namibië. Veteraan joernalis Gwen Lister het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 May 6AM 1 min

Bela is laaste vertrouensbreuk met Afrikaners

Solidariteit sê die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is 'n laaste vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die vakbond sentraliseer die wetsontwerp, wat met die ANC se meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, besluite oor taal- en toelatingsbeleide, wat minderheidsregte ondermyn. Die vakbond beloof om…
3 May 5AM 1 min

Kampus-betogings kan Biden se Viëtnam word

Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders waarsku President Joe Biden oor sy standpunt teenoor pro-Palestynse betogings op kampusse regoor die VSA. Biden sê hy ondersteun vrye spraak maar wetsgehoorsaamheid is net so belangrik. Volgens Sanders kan die kwessie Biden se Viëtnam word.
3 May 5AM 1 min