Ramaphosa bekommerd oor Israel-Palestina-konflik

--:--
President Cyril Ramaphosa het sy stem gevoeg by oproepe op Iran en Israel om hulle te weerhou van eskalerende konflik. Ramaphosa het tydens 'n verkiesingsveldtog in Inanda, KwaZulu-Natal, met die media gepraat en teen verdiepende konflik en 'n streekoorlog gewaarsku. Ramaphosa het verwys na vorige waarskuwings oor die Israel-Hamas-oorlog se uitkring-effek. Hy benadruk die uiterste noodsaaklikheid van die versigtige hantering van die Israel-Palestina-konflik om breër Midde-Oosterse geweld te voorkom:
20 Apr 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Zim vry na beleggings in SA

Zimbabwe bied sy 2024-beleggingspitsberaad in Kemptonpark aan, om die land se ekonomiese en beleggingsgeleenthede aan sleutel-belanghebbers bekend te stel. Onder die tema, 'People You Can Invest In,' sal Zimbabwe se geskoolde arbeidsmag en aantreklike beleggingsvooruitsigte, veral in toerisme, mynwese en landbou bekendgestel word. Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, David…
3 May 4AM 1 min

Skaapbedryf blyk om te herleef

Die kommoditeit vir Maartmaand in die handelsstatistiek-bulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap was skaap op die hoef, skaapvleis en skaapprodukte. Namibië het in al drie kategorieë uitvoere van 97,3 miljoen Namibiese dollar gedurende die maand behaal. Dit wil voorkom asof die skaapbedryf, veral met uitvoere na Europa, ‘n herlewing toon na…
3 May 3AM 1 min

SA se landdroste mag nie staak nie

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste het landdroste wat dreig om te staak, gewaarsku dit sal onwettig wees. Landdroste wat aan die Vereniging vir Regterlike Beamptes behoort, wil oor salarisse staak. Die vereniging beskuldig die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers dat hulle voete sleep om salarisverhogings…
3 May 3AM 1 min

Pandor moet Potgieter en Huxham huis toe bring

Die DA verwelkom die Departement van Internasionale Verhoudings en Samewerking se ingryping vir die vrylating van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee wat reeds langer as 15 maande aangehou word. Frik Potgieter en Peter Huxham is arresteer op vals dwelmaanklagte, blykbaar as vergelding vir beslaglegging op bates van Ekwatoriaal-Guinee se adjunkpresident…
3 May 3AM 1 min

Blou ekonomie is uiters belangrik

Reaksie word ontvang op die 15-jaar lisensie wat deur die African Aquaculture Company, wat sub-Sahara Afrika se eerste kommersiële salmboerdery en -produksiefasiliteit net noord van Lüderitz wil vestig, bekom is. Dit sal na verwagting sowat 5 000 werksgeleenthede verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Salomo Hei, die…
3 May 3AM 1 min