LPM ongelukkig met hervestigingsbeleid

--:--
Die hersiene nasionale hervestigingsbeleid vir 2023 tot 2033 word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Dit kom na dit deur die kabinet goedgekeur is en landbouminister Calle Schlettwein aangekondig het dat dit hierdie maand in werking gestel sal word. Die parlement moet dit egter nog goedkeur. Die beleid het drie hervestigingsmodelle ingestel, waarvan die Lae Ekonomiese Waarde Model die jeug en individue met 'n laer inkomste wil bemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala, die leier van die Landless People's Movement se jeugbevel, wat sê hulle is baie krities oor die beleid.
24 Apr 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LGBT: SPYL sê almal is gelyk en almal moet gelyk behandel word

Inwoners van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek steier steeds van skok na die grusame moord op die 30-jarige Christof Fredricks. Hy was 'n lid van die LGBT-gemeenskap en sy verminkte liggaam, met sy privaatdele afgesny, is die week in 'n rivierbedding ontdek. Sy dood bring die aantal lede van…
5 May 6AM 1 min

Kaap ervaar ergste brandseisoen ooit

Kaapstad se huidige brandseisoen word as die ergste in die stad se geskiedenis beskou. Tydens die herdenking van Brandbestrydersdag het Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê brandbestryders het dié seisoen reeds op meer as sesduisend brande reageer. Duisende brandbestryders van verskeie distrikte en organisasies is gemobiliseer…
5 May 6AM 1 min

Sam Khubis Dinsdag herdenk

Lede van die Rehoboth Baster-gemeenskap sal op Dinsdag, 7 Mei die slag van Sam Khubis by Rehoboth herdenk. Die geskiedkundige veldslag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe Duitse koloniale magte die Baster-mense, wat na hul laaste vesting van Sam Khubis gevlug het, aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met…
5 May 6AM 1 min

SA-publiek moet verkiesings waarneem

Die Suid-Afrikaanse organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en individue om verkiesingswaarnemers te word, en by te dra tot die integriteit van die proses. Met 24 dae oor voor die buurland se verkiesing, word burgers aangemoedig om toesig te hou oor die proses. Zaakirah Vadi van die organisasie sê deur…
5 May 5AM 1 min

Droogtehulp werk nie eintlik vir kommunale boere nie

Die streekleierskap in Kavango-Wes het 'n beroep op die Ramprisikobestuurskomitee gedoen om die droogtehulpprogram vir vee te ondersoek, aangesien dit sommige kommunale boere benadeel. Die leierskap het die kwessie geopper tydens die besoek van adjunk-premier John Mutorwa aan die streek om homself te vergewis van die uitvoering van die program…
5 May 4AM 1 min