LAC reik uit na Lüderitz gemeenskap, hulle het ook regte

--:--
Die Regshulpsentrum sal gratis regsadvies en publikasies by die opkomende Kreeffees 2024 in Lüderitz verskaf. Gegewe die vele ontwikkelings wat in die kusstreke van Namibië plaasvind, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg van inwoners om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Die openbare vergadering vind plaas volgende Dinsdag van 10-uur tot een-uur by die Benguela Gemeenskapsaal in Lüderitz. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regsbystandsentrum, gepraat.
24 Apr 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Marshalltown-brand: Stad Johannesburg verantwoordelik

Die Stad Johannesburg en sy entiteite is aanspreeklik vir die dood van 77 mense in die brand verlede Augustus in die Usindiso-gebou in Marshalltown. Dit is een van die aanbevelings van die oudregter in die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, se verslag oor die voorval. Sy het bevind die lewensomstandighede in…
6 May 2AM 1 min

LPM sê hy’t planne vir jeugwerkloosheid

Met die verkiesing wat om die draai is, wat is die verskeie politieke partye se oplossings tot verskeie probleme in die land? Vanjaar het 6 900 studente gegradueer van Unam en Nust. Die vraag op almal se lippe is of die gegradueerdes werk gaan kry. Kosmos 94.1 Nuus het die…
6 May 2AM 1 min

Rublev vat die Madrid Ope

Andrey Rublev het ongesteldheid en besering oorkom op pad na die Madrid Ope-titel. Die Rus het Felix Auger-Aliassime van Kanada 4-6, 7-5, 7-5 verslaan om sy tweede Meesters 1 000-titel te verower. Die ses-en-twintigjarige Rublev, wat ná vier wedstryd-nederlae in die Spaanse hoofstad aangekom het, sê hy gee volle krediet…
6 May 1AM 1 min

Geweld in skole wek reuse-kommer

Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta pleit die regering moet iets doen aan die toenemende geweld in skole. Hy beklemtoon die uitbreiding van geestesgesondheid-steun vir onderwysers en leerders, en vra meer beradingsdienste. Makaneta wys op onlangse voorvalle soos die geweld by Glenvista High School in Johannesburg, wat dui op diepgewortelde geestesgesondheid-uitdagings. Hy…
6 May 1AM 1 min

Sioka loop deur oor GBV-kommentaar

Reaksie word ontvang op die minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, wat in ‘n verklaring die geweld teen vroue en kinders skerp veroordeel het. Sy het die dood van die transgender vrou, die 30-jarige Christof Fredricks, heeltemal oorgesien. Sioka kom gereeld onder skoot vir haar swak leierskap en Ethne Mudge van…
6 May 1AM 1 min