Inwoners van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek steier steeds van skok na die grusame moord op die 30-jarige Christof Fredricks. Hy was 'n lid van die LGBT-gemeenskap en sy verminkte liggaam, met sy privaatdele afgesny, is die week in 'n rivierbedding ontdek. Sy dood bring die aantal lede van…
Kaapstad se huidige brandseisoen word as die ergste in die stad se geskiedenis beskou. Tydens die herdenking van Brandbestrydersdag het Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê brandbestryders het dié seisoen reeds op meer as sesduisend brande reageer. Duisende brandbestryders van verskeie distrikte en organisasies is gemobiliseer…
Lede van die Rehoboth Baster-gemeenskap sal op Dinsdag, 7 Mei die slag van Sam Khubis by Rehoboth herdenk. Die geskiedkundige veldslag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe Duitse koloniale magte die Baster-mense, wat na hul laaste vesting van Sam Khubis gevlug het, aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die Suid-Afrikaanse organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en individue om verkiesingswaarnemers te word, en by te dra tot die integriteit van die proses. Met 24 dae oor voor die buurland se verkiesing, word burgers aangemoedig om toesig te hou oor die proses. Zaakirah Vadi van die organisasie sê deur…
Die streekleierskap in Kavango-Wes het 'n beroep op die Ramprisikobestuurskomitee gedoen om die droogtehulpprogram vir vee te ondersoek, aangesien dit sommige kommunale boere benadeel. Die leierskap het die kwessie geopper tydens die besoek van adjunk-premier John Mutorwa aan die streek om homself te vergewis van die uitvoering van die program…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.