Giwusa bekommerd oor lewenskoste
--:--
Die buurland se vakbond Giwusa is onsteld oor bevindings deur die Pietermaritzburgse Justisie en Waardigheidsgroep oor die uitwerking van die hoë lewenskoste. Die verslag dui op 'n styging van 6,3-persent in die gemiddelde koste van 'n huishoudelike kosmandjie en 'n 8,5-persent prystoename vir huishoudelike en persoonlike higiëne-items. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, vra vir dringende regeringsingryping om die hoofoorsake van die krisis aan te spreek: