Paaie-owerheid spog met sukses van aanlyn-hernuwings

--:--
Die Paaie-owerheid het 'n paar maande gelede aangekondig dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom, pleks van om vir lang ure by Natis-dienssentrums tou te staan. Die volle hernuwingsproses, insluitend betaling, kan deur enige Namibies-geregistreerde voertuigeienaar gedoen word, van enige plek in die wêreld, te eniger tyd, vanuit die gerief van hul eie huise. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Padowerheid-woordvoerder, Hileni Fillemon, oor hoe die diens verloop en of hulle enige klagtes gekry het.
25 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Desentraliseer kankersorg, vra CAN se hoof

Volgens die jongste data oor kanker wat in Februarie deur die Kankervereniging van Namibië, CAN, vrygestel is, is prostaatkanker die mees algemene kanker in Namibië. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging, dring aan op die bevordering van vroeë opsporing deur middel van siftingsprogramme landwyd. Hy voeg by dat Namibië…
6 May 12PM 1 min

Grootste drywende boekskou tans in Durban

Die wêreld se grootste drywende boekskou is in Durban, en sal ook in Julie by die Walvisbaai-hawe vasmeer. Die MV Logos Hope-skip sal boek-geesdriftiges van Woensdag tot die tweede van volgende maand by die Nelson Mandela-terminaal verwelkom. Die vaartuig het die stad laas in Maart 2016 besoek. Die woordvoerder vir…
6 May 12PM 1 min

Nuwe tegnologie 'kan werk verseker'

Daar het vanjaar 6 900 studente gegradueer aan die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Daar word al voor die grade-plegtighede gevra wat van die studente gaan word, en waar hulle gaan werk kry. Kehad Snydewel, die besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, het 'n…
6 May 11AM 1 min

Hommeltuig-opleiding 'noodsaaklike vaardigheid vir toekoms'

AfriForum se Veiligheidstudie-trust sê hommeltuig-opleiding bied nie net ʼn opwindende nuwe rigting vir studente nie, maar is ʼn noodsaaklike vaardigheid wat in die toekoms al belangriker gaan word. Die organisasie het verlede week sy eerste Skerpskut-skietgeleentheid buite Pretoria aangebied. Die geleentheid bied elke jaar aan sowat ʼn dosyn studente toegang…
6 May 11AM 1 min

Napso-sportweek 'n dawerende sukses

Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek het sopas by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaasgevind. Sowat 3 600 leerlinge van 21 privaatskole in Namibië het deelgeneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos…
6 May 10AM 1 min