Nee, Namibië gaan nie by Opul aansluit: Alweendo

--:--
Die olie-ontdekkings aflandig van die suidelike kus naby Lüderitz en die ontluikende olie- en gas-sektor het weer in die Nasionale Vergadering gaan draai. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wou by energie-minister Tom Alweendo weet of Namibië by Opul gaan aansluit. Volgens Alweendo is sulke gerugte onwaar, alhoewel Namibië kontak het met Opul.
25 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Boere kort nou al die ondersteuning moontlik

Willem Schalk Bergh, Agra-bestuurder vir die suidelike gebiede van Namibië het besoek afgelê op Prieska by die Oranje-rivier Voere se groot boeredag. Daar het hy met die bekende Pieter Moller gesels oor die stand van sake, met veral veeboere in die land, nou dat dit so droog is.
6 May 7AM 1 min

Arbeid vra opdatering van inligting vir vergoedingsbegunstigdes

Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op alle begunstigdes wat tans werkers-vergoedingsvoordele op 'n maandelikse basis ontvang, om hulle jongste bankbevestigingsbriewe, gesertifiseerde ID-afskrifte en 'n polisieverklaring wat hul woonadres bevestig, voor of op 31 Mei vanjaar in te dien. Die ministerie moet sy databasis opdateer. Lydia Indombo, uitvoerende direkteur by die…
6 May 7AM 1 min

Usakos-vergadering met boere het baie goed afgeloop

Die Erongo-polisie se vergadering Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik oor stropery en veediefstal was ‘n sukses. Veediefstal en stropery is soos oral in die land, ‘n reuse-uitdaging in die Erongo-streek. Erongo-polisie se adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib sê belangrike aspekte het na vore getree.
6 May 6AM 1 min

Netumbo het 'n wenslyns, nie 'n doenlys nie

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het groot kritiek uitgelok met haar aanmerkings oor ekonomiese onafhanklikheid. Sy het veral melding gemaak van plaaslike owerhede, ook op streek- en nasionale vlakke, om belegging te bevorder. Sy is vir 34 jaar betrokke in die Namibiese regering en steeds is daar geen nuwe beleggingsbeleid nie. Onafhanklike…
6 May 6AM 1 min

LGBT-moorde: Iemand moet iets sê

Die grusame moord op 'n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het 'n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in 'n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat…
6 May 4AM 1 min