Vleispryse lyk effe beter, maar steeds hoog in winkels

--:--
Waarom is die vleispryse op die rakke so duur ten spyte daarvan dat diere op veilings onder die mark prys verkoop word? Cloete verduidelik.
25 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Stad Kaapstad vestig aandag op kompos-maak

Dit is hierdie week Internasionale Komposbewustheidsweek en die Stad Kaapstad gaan ʼn reeks gemeenskapsgeleenthede aanbied. Dit is daarop gemik om bewustheid te skep oor die kritieke kwessie van organiese afval in stortingsterreine. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê gegewe die kommerwekkende tempo waarteen organiese afval stortingsterreine vul en…
6 May 8AM 1 min

Namibië benodig meer dokters, verpleegsters

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie, in samewerking met vennote en lidlande, bied van vandag tot Woensdag die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum in Windhoek aan. Die forum poog om konsensus en verbintenis oor die Africa Health Workforce Investment Charter te verkry. Die handves sit kernbeginsels uiteen wat daarop gemik is om volhoubare langtermynbelegging…
6 May 8AM 1 min

Ombud kan nie ondersoek instel soos Venaani vra nie

Die president van die PDM, McHenry Venaani, het die regering se regstellingsprogram om vissermanne by te staan gekritiseer. Hy het onder meer gesê dit moet gestaak word of dit sal lei tot 'n Fishrot 2.0. Die program is in 2020 deur die visseryministerie en die arbeidsministerie geloods om werkloosheid onder…
6 May 7AM 1 min

Boere kort nou al die ondersteuning moontlik

Willem Schalk Bergh, Agra-bestuurder vir die suidelike gebiede van Namibië het besoek afgelê op Prieska by die Oranje-rivier Voere se groot boeredag. Daar het hy met die bekende Pieter Moller gesels oor die stand van sake, met veral veeboere in die land, nou dat dit so droog is.
6 May 7AM 1 min

Arbeid vra opdatering van inligting vir vergoedingsbegunstigdes

Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op alle begunstigdes wat tans werkers-vergoedingsvoordele op 'n maandelikse basis ontvang, om hulle jongste bankbevestigingsbriewe, gesertifiseerde ID-afskrifte en 'n polisieverklaring wat hul woonadres bevestig, voor of op 31 Mei vanjaar in te dien. Die ministerie moet sy databasis opdateer. Lydia Indombo, uitvoerende direkteur by die…
6 May 7AM 1 min