Mieliemeel sal moet ingevoer word weens klein oeste

--:--
Die landbou-ministerie se voorlopige oesskattings dui op 'n drastiese vermindering in die voorspelde oes, weens die droogte. Die totale nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. Dit is 53 persent laer as verlede seisoen se oes van 153 012 ton. Slegs die besproeiing-groenskemas verwag hoër oeste vir mielies en koring, met onderskeidelik 24 persent en 63 persent, in vergelyking met verlede seisoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Patrice Talla, die Voedsel- en Landbou-organisasie se substreekkoördineerder vir Suider-Afrika, wat sê dat Suid-Afrika 'n uitvoerder van mieliemeel gaan word.
30 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

China en Namibië het hegte verhouding

Die Suid-Afrikaanse kenner van internasionale betrekkinge Brooks Spector sê Namibië en China het deurlopend 'n positiewe verhouding behou. Spector sê China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging en tweede-grootste handelsvennoot, veral met die uitvoer en invoer van ru-materiaal. Hy berig oor die jare het ekonomiese en politieke vennootskap…
17 May 5AM 1 min

AfriForum se raad onderneem om hof te nader oor gesondheidsversekering

AfriForum se raad van direkteure het onderneem om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet met 'n regstryd te beveg totdat alle middele uitgeput is. Die organisasie beplan om 'n saak aanhangig te maak en dit meedoënloos na te volg met die gesondheidsvryheid van Suid-Afrikaners as 'n beginselsaak. Die veldtogbeampte van AfriForum Louis Boshoff…
17 May 5AM 1 min

Hof sê nee vir appèlsaak teen beurtkrag beslissing

ActionSA het die volle bank van die Hooggeregshof in Pretoria se besluit verwelkom om die regering se aansoek om verlof tot appèl teen die beurtkrag-uitspraak te verwerp. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het verlede jaar beslis dis ongrondwetlik om krag na belangrike openbare instellings soos skole en hospitale af te sny. Die…
17 May 4AM 1 min

Voedsel in Zim sal, te midde van tekorte, baie duurder word

Die ergste droogte in Zimbabwe in 40 jaar gelei het tot wydverspreide misoeste en meer as die helfte van die bevolking sal vanjaar voedselhulp nodig hê. Sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede sal bystand benodig, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies…
17 May 4AM 1 min

Groen-waterstofberaad was groot sukses

Die belangrikste geleentheid op die globale waterstofbedryf se kalender, World Hydrogen 2024 Summit and Exhibition, het in Rotterdam, Nederland, plaasgevind. Namibië het dit ook bygewoon en die plaaslike afvaardiging is gelei deur president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met Phill Balhao, die burgemeester van Lüderitz, gesels wat ook daar…
17 May 3AM 1 min