Unam-studente se regte sal belemmer word

--:--
Reaksie word ontvang op die Universiteit van Namibië wat politieke aktiwiteite op al sy kampusse verbied het. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, het vroeër die besluit beskryf as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. Hy het bygevoeg dit is soos om petrol op die vuur van die universiteit se akademiese verval te gooi. Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die kwessie die regte van studente belemmer.
2 May 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Atletiek Suid-Afrika loop deur oor Caster

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid steun die tweemalige Olimpiese kampioen Caster Semenya se stryd teen testosteroonregulasies by die Europese Hof vir Menseregte en beskou dit as 'n vorm van marteling, rassisme en geslagsdiskriminasie. Hy betoog Semenya se behandeling skend haar persoonlike privaatheid, waardigheid en menseregte. Die voorsitter van die kommissie, Nthabiseng…
17 May 2AM 1 min

Guterres eis vrylating van Gaza-gyselaars

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn volskaalse aanval op Rafah in Gaza sal katastrofies wees omdat niks die gesamentlike straf van Palestyne regverdig nie. Sowat 600 000 mense, of ʼn kwart van Gaza se bevolking, het die afgelope week uit Rafah gevlug. Dit volg te midde van…
17 May 2AM 1 min

Dis Swiatek teen Sabalenka in Italië

Die wêreld-nommer-een Iga Swiatek kom in die Italiaanse Ope se eindstryd teen nommer twee, Aryna Sabalenka, te staan. Die 22-jarige Pool het die Amerikaner Coco Gauff met 6-4 en 6-3 verslaan, terwyl die Belarus ʼn ander Amerikaner, Danielle Collins, met 7-5 en 6-2 geklop het. In die mansafdeling het die…
17 May 1AM 1 min

Israel skend internasionale reg

Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof in Den Haag versoek om Israel te beveel om onmiddellik sy militêre magte in Rafah te onttrek en sy offensief te staak as deel van bykomende voorlopige noodmaatreëls. Israel se prokureurs sal na verwagting vanoggend reageer. In haar vertoë voer die Suid-Afrikaanse advokaat, Adila Hassim,…
17 May 1AM 1 min

Droogte en mens-dier konflik... so lyk sake

Die drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop is vroeg Woensdagaand by Kakurukadi-dorpie in die George Mukoya-bewaar-area gesien, net noord van die Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds 'n kalf en 'n bok by twee verskillende dorpies gevang. Dit is die derde groep leeus in die noordooste…
17 May 1AM 1 min