Thieme gesels oor planne met Cleanergy

--:--
Cleanergy Solutions Namibia se perseel word op Walvisbaai ingewy. Deur gebruik te maak van die O&L-groep se kundigheid in hernubare energie, gekombineer met CMB.TECH se vaardigheid in die vervaardiging en toepassing van toekomstige brandstof, is Cleanergy Solutions Namibia aan die voorpunt van volhoubare energie-oplossings. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme het by die geleentheid gepraat.
2 May 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Groen-waterstofberaad was groot sukses

Die belangrikste geleentheid op die globale waterstofbedryf se kalender, World Hydrogen 2024 Summit and Exhibition, het in Rotterdam, Nederland, plaasgevind. Namibië het dit ook bygewoon en die plaaslike afvaardiging is gelei deur president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met Phill Balhao, die burgemeester van Lüderitz, gesels wat ook daar…
17 May 3AM 1 min

Schauffele behaal eerste ronde van 62

Die Amerikaner Xander Schauffele het 'n voorsprong van drie houe na die openingsronde van die PGA Kampioenskap by die Valhalla Gholfklub in Kentucky. Hy het vir die eerste keer in die geskiedenis van die PGA Kampioenskap 'n ronde van 62 behaal en dit slegs die vierde keer ooit in 'n…
17 May 3AM 1 min

Atletiek Suid-Afrika loop deur oor Caster

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid steun die tweemalige Olimpiese kampioen Caster Semenya se stryd teen testosteroonregulasies by die Europese Hof vir Menseregte en beskou dit as 'n vorm van marteling, rassisme en geslagsdiskriminasie. Hy betoog Semenya se behandeling skend haar persoonlike privaatheid, waardigheid en menseregte. Die voorsitter van die kommissie, Nthabiseng…
17 May 2AM 1 min

Guterres eis vrylating van Gaza-gyselaars

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn volskaalse aanval op Rafah in Gaza sal katastrofies wees omdat niks die gesamentlike straf van Palestyne regverdig nie. Sowat 600 000 mense, of ʼn kwart van Gaza se bevolking, het die afgelope week uit Rafah gevlug. Dit volg te midde van…
17 May 2AM 1 min

Dis Swiatek teen Sabalenka in Italië

Die wêreld-nommer-een Iga Swiatek kom in die Italiaanse Ope se eindstryd teen nommer twee, Aryna Sabalenka, te staan. Die 22-jarige Pool het die Amerikaner Coco Gauff met 6-4 en 6-3 verslaan, terwyl die Belarus ʼn ander Amerikaner, Danielle Collins, met 7-5 en 6-2 geklop het. In die mansafdeling het die…
17 May 1AM 1 min