Verborge koste van voedsel bekend

--:--
Die jongste Stand van Voedsel en Landbou-verslag van die Voedsel- en Landbou-organisasie, kyk na die ware koste van voedsel vir volhoubare landbou-voedselstelsels. Die verslag stel die konsep van verborge omgewings-, gesondheids- en maatskaplike koste en die voordele van landbouvoedselstelsels bekend. Dit stel 'n benadering getiteld "ware koste-berekening" voor om dit te assesseer. Die beramings dui daarop dat lae-inkomste lande die hoogste las dra van die verborge koste van landbouvoedselstelsels relatief tot nasionale inkomste. Dit maak dit moeilik te midde van stygende kospryse vir mense in ontwikkelende lande om voedsame kos te koop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor wat Namibië moet doen om te verseker dat burgers toegang tot gesonde, voedsame voedsel het ondanks stygende voedselpryse.
5 May 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'n Vyfde van Afrika-kinders onder 17 aanlyn geteister

Verdoemende nuwe verslae van twee van Afrika se voorste kinderregtegroepe het die skokkende toename in aanlyn seksuele uitbuiting en mishandeling van kinders oor die hele vasteland ontbloot. Van die bevindinge van die African Child Policy Forum en ChildFund is dat in sommige lande ongeveer 'n vyfde van kinders onder 17…
18 May 5AM 1 min

Cyril vol vertroue ANC sal wen

Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens 'n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers…
18 May 5AM 1 min

Eerste stap na vrede in Sudan is bereik

Die regering van Suid-Sudan en rebelle-opposisiegroepe het 'n belofte onderteken vir 'n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Sudan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is 'n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde…
18 May 3AM 1 min

Troy-skieter Willem Goosen krimineel aangekla, ook poging tot moord

Kriminele klagte is teen die Grootfontein-boer Willem Goosen aanhangig gemaak. Daar is tien in totaal met twee wat poging tot moord insluit. Die sake spruit uit die skietvoorval middel April op Goosen se plaas waar die Belgiese Malinois Troy twee keer geskiet is. Hy en sy hanteerder het spoorgesny na…
18 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer: Regering te stadig in Oos-Kaap

Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, 'n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid 'n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer,…
18 May 12AM 1 min