Hof sal in Junie sê oor Air Namibia pakkette

--:--
Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-'n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, wat sê die hofsaak is na 12 Junie verskuif.
6 May 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Landbou ondersoek sonkrag, NamPower raak te duur

Die gebruik van sonkrag vir besproeiing by groenskema-projekte om elektrisiteitskoste te verminder word deur die landbou-ministerie ondersoek. Sommige projekte betaal tot 400 000 Namibiese dollar per maand aan kragrekeninge. Die sonkrag-inisiatief kan rekeninge potensieel met tot 90 persent verlaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se…
19 May 3AM 1 min

GBV kry aandag onder Project Hope

In hul stryd teen geweld teen vroue, het die SASA! Together-inisiatief sy eerste groep van 16 gemeenskapsaktiviste en 14 leiers uit die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die Khomas-streek bekragtig. Charlene Uakuramenua, Project Hope Namibië se senior geslagsadviseur, het tydens die bekendstelling gesê die 30 opgeleide individue sal hul onderskeie gemeenskappe betrek…
19 May 3AM 1 min

Trump onderskryf deur NRA, belowe om wapen-eienaarskap te beskerm

Presidentskandidaat Donald Trump is in Houston, Texas, deur die National Rifle Association onderskryf. Die vereniging is ‘n magtige liggaam in die VSA en is geallieerd met die Republikeinse-party. Trump sê hy sal alles doen om wapen-eienaarskap, ‘n uiters omstrede kwessie, in die VSA te beskerm.
19 May 3AM 1 min

Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?

Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
19 May 2AM 1 min

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min