SA 400m-aflosspan kwalifiseer vir Olimpiese Spele

--:--
Atletiek: Suid-Afrika se vier-maal-400-meter aflosspan het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele tydens die Wêreld-afloskampioenskap in die Bahamas, wat oorheers is deur Amerika. Die Verenigde State het vier uit die vyf goue medaljes gewen. Wayde van Niekerk het Suid-Afrika gehelp om silwer in hulle item te wen, saam met Gardeo Isaacs, Zakithi Nene en Lythe Pillay. Botswana het goud gekry nadat die Amerikaners gediskwalifiseer is, met België derde. Van Niekerk is bly hy kon 'n bydrae lewer.
6 May 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?

Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
19 May 2AM 1 min

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min

Hill-Lewis vra gebede vir 11 vissermanne

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die 11 vissermanne wat nog ter see vermis word nadat 'n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered…
19 May 12AM 1 min

Farm 37: So lyk die beplanning

Families in Walvisbaai wat in plakkerskampe woon word tans verskuif na Farm 37 buite die dorp. Die area is bekend onder inwoners as Green Valley en kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. 'n Raadslid van Walvisbaai, Ryan Gordon, het vroeër sy kommer uitgespreek dat die gebied dalk nie reg…
18 May 11PM 1 min