Hoop en chirurgie met ’n tikkie politiek

--:--
Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met ’n loopbaan wat beide sy sendingswerk en sy diens op Mercy Ships insluit. Mercy Ships is ’n organisasie wat mediese sorg aan die armste gemeenskappe in die wêreld verskaf deur middel van ’n hospitaalskip. Dr. Tertius vertel ons van sy ongelooflike reise, die uitdagings wat hy oorkom het, en die vervullende oomblikke wat hy ervaar het terwyl hy hoop en genesing bring aan dié wat dit die meeste nodig het. Sy werk is nie net ’n beroep nie, maar ’n ware roeping.

Vir meer inligting oor Dr. Tertius se werk en sy organisasie, besoek gerus Mercy Ships en Tertius26 se webtuistes.

Verder mag Matthys nie oor die verkiesing praat nie, maar Colene het darem ingestem om ’n paar minute daaroor te gesels. Die span lees ook e-posse van luisteraars voor.

Dankie dat jy luister, en onthou om jou e-posse en wyn aan te stuur! Bly warm.
12 Jun Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Dis Heerlike Lente: Carin van Heerden gee raad oor Trends en Kleure

In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen. Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux…
4 Sep 1 hr 10 min

Boerboel Broekies en Toiletpapier Waarhede

In hierdie episode het ons heelwat om oor te KLETS! John Steenhuisen stel vir Roman Cabanac aan as sy Chief of Staff by die Departement van Landbou, en ons wonder saam hoe hy in ’n Boerboel broekie gaan lyk. 26ste Augustus was Toiletpapierdag en ons kom uiteindelik by die finale…
28 Aug 1 hr 02 min

Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie

In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né? Ons vier…
21 Aug 1 hr 02 min

Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance

In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg,…
14 Aug 1 hr 08 min

Die "Friendly Satanis" en Franse Baguettes

In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en…
7 Aug 1 hr 17 min