Politieke Sepie Sonder Colene: Matthys en Piet Croukamp Praat RNE

Loading player...
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie.

Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons in die volgende vyf jaar kan verwag. Sal die RNE werklik verandering bring, of gaan ons meer van dieselfde sien?

Daarbenewens kyk ons na die jongste sosiale media storm wat figure soos John, Angie en Pieter Groenewald insluit. Ons Suid-Afrikaners is mos maar vinnig met 'n grappie en 'n meme.

Verder bespreek Matthys ’n onlangse studie wat toon dat Suid-Afrikaners ‘meer gelukkiger’ geword het vanaf die verkiesing tot by die aankondiging van die nuwe regering.
3 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min

Lyste en Lastige Goggas

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie,…
8 Jul 1 hr 03 min

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos…
1 Jul 48 min