Spreeklewe - 'n Tyd vir alles

Loading player...
PREDIKER 3
Elke ding het sy vaste tyd
1Elke ding het sy vaste tyd,
elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,
'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,
4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,
'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
5'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,
'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,
'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,
7'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,
'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,
8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,
'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
10 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Groot Biddag - Vergifnis

Annelie gesels met Mariandra Heunis wat haar getuienis lewer oor hoe sy moes vergewe na haar man se moord voor haar en haar dogter in hulle huis. Annelie gesels ook oor ons vergifnis vir ander en God se vergifnis vir ons.
23 Apr 29 min