Die "Friendly Satanis" en Franse Baguettes

Loading player...
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld.

Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waar ’n tent profeet ’n laerskool bestorm met ’n machete – ’n gebeurtenis wat beslis kerkleiers en hul gedrag weer onder die vergrootglas bring .

En, moenie dat jou penis jou drome verwoes nie – strap that thing in! Ons kyk na die Franse Olimpiese span wat meer aandag trek vir die baguettes in hul broeke as hul Olimpiese medaljes of die tekort daaraan. En is Gayton eintlik Mama Joy in drag?
7 Aug Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

2024: Suid-Afrika se Wenners, Verloorders, en Politieke Teater

2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA…
18 Dec 1 hr 07 min

Waterveiligheid, Branding Drama, en ’n Huldeblyk aan Breyten Breytenbach

In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie…
27 Nov 1 hr 29 min

Rasisme en Realisme

In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit…
20 Nov 1 hr 06 min

Te Goed vir Werk, of Net Lui?

In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika,…
13 Nov 56 min

Porsiegroottes en Pretoria in Protes

In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos…
6 Nov 1 hr 45 min