Spreeklewe - Psalm 63

Loading player...
Ek bly altyd naby U
1'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in 'n dor en droë land,
'n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Gielie Hofman - Skole sport en ouers

Gielie Hofman gesels met Annelie oor hoe ouers hul kinders se sport, akademie en vrye tyd kan balanseer en hoe mens kies watter sport jou kinders aan moet deelneem.
3 Feb 21 min