Breyton Paulse gesels met Kosmos-luisteraars oor die rugby...

--:--
Die spanning loop hoog vir vanmiddag se Rugby Kampioenskapswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad. Die Bokke het laasnaweek in Johannesburg met 31-27 gewen en daar is baie op die spel vanmiddag. Oud-Bokspeler en nou rugbykommentator Breyton Paulse het sy mening oor die wedstryd spesiaal met Kosmos 94.1 se luisteraars gedeel.
7 Sep 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Voertuigverkope daal, sal nie vinnig styg: ekonoom

In Augustus 2024 het voertuigverkope in Namibië tot 995 eenhede gedaal, van 1 172 eenhede in Julie en 1 101 in Augustus verlede jaar. Dit weerspieël 'n 15,1 persent maand-tot-maand en 9,6 persent jaar-tot-jaar afname. Beide passasiers- en handelsvoertuigverkope het afgeneem, met passasiersverkope wat 21,8 persent gedaal het op 'n…
16 Sep 12PM 1 min

Protea-vroue in Pakistan vir T20-reeks

Krieket: Die Protea-vroue speel tans teen Pakistan in Multan, in die eerste van drie T20-wedstryde. Die reeks dien as belangrike voorbereiding vir volgende maand se T20 Wêreldbeker-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate, waar Suid-Afrika saam met die Wes-Indiese Eilande, Engeland, Skotland en Bangladesj in 'n groep is. Suid-Afrika het 132…
16 Sep 12PM 1 min

Pelican Point-walvis lyk siek, sal waarskynlik sterf

'n Vinwalvis het tydens laagwater by Pelican Point in Walvisbaai gestrand. Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, sê hierdie soort voorval vind gereeld plaas. Lede van die publiek probeer hulp vir die walvis mobiliseer maar daar is min wat gedoen kan word om dit te red. Kosmos…
16 Sep 11AM 1 min

Metaaldiefstal ‘n swaar las in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se eenheid teen metaaldiefstal het die afgelope jaar op meer as 1 800-kilogram metaal en 54-kilometer gesteelde kabel beslag gelê. Van Junie verlede jaar tot Junie vanjaar is 2 892 brandpunte gepatrolleer, en 143 mense in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
16 Sep 11AM 1 min

Nasionale presisie-skietspan blink uit by Wêreldkampioenskap

Die nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, neem aan die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap deel in Colorado in Amerika. Die kompetisie eindig môre. Span Namibië bestaan ​​uit Dirk Sauber, Michael Barlow, Janus van der Merwe, Keiran Mans, Liebies Liebenberg en Francois Marais. Hulle neem almal in die Ope-afdeling deel. By die…
16 Sep 10AM 1 min