#DieGrootTrek - BloedBroers deur Deon Lamprecht

Loading player...
Deon Lamprecht is die skrywer van die boek BloedBroers en hy kom gesels vandag met ons hieroor. Onder ander die gebeure van 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son toe 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer was na 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het. Bloedbroers vertel die storie van die oorlewendes en hul ervarings tydens die geveg.
17 Sep 2024 Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Tara Roos (Skrywer)

Tara Roos sny deur die politieke geraas met hierdie ontleding van Suid-Afrikaanse politiek wat aanvoer dat ons die era van onsekerheid betree het namate populisme toeneem. Sy delf in die strukturele swakhede, strategiese wanberekeninge en politieke-party-identiteitskrisisse wat Suid-Afrika in 'n nuwe en onstabiele koalisie-era ingelei het. Partye word in drie…
4 Jun 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - GEEWEEK (Hannah Charity)

As een van ons organisasies wat ons ondersteun gedurende GeeWeek gesels ons met die dames wat Hannah Charity hardloop en die hoor ons meer oor die verskil wat hulle maak asook hoekom hulle doen wat hulle doen.
28 May 23 min