Dieremaniere, Boere en Treine

Loading player...
In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou!

Maar dit is nie al nie! Colene deel ook ’n verrassende lys van die top 10 treine in die wêreld, en raai wat? Suid-Afrika het twee op daardie lys! Rovos Rail en The Blue Train staan hoog op die wêreld se radar. As jy hou van treinreise, is hierdie ’n gesprek wat jou lus sal maak om te pak en te reis.

Ons KLETS oor hoe die Boere mekaar moer en gekke storie van hoe ‘ veearts, met niks meer as sy kaal hande, ’n buffel tem.

Ons KLETS ook oor ’n ernstige onderwerp wat die land aan die gons het: die onlangse dood van Pravin Gordhan. Dit het groot reaksie op sosiale media ontlok en veroorsaak dat mense hul menings oor sy rol in Suid-Afrika se politiek begin deel het. Sommige mense sien hom as iemand wat probeer het om die land se ekonomie te red, terwyl ander meen hy was betrokke by meer kontroversie. Maar, you’re only as good as your last performance!

Kontak Dr. Roy Page van Menlyn Vet Practice:

•E-pos: mac@companionhealthcare.co.za
•Telefoon: +27 (0)12 460 5252
• Webwerf: https://menlyn.vet/
Chapters
18 Sep 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min