Van Mashaba tot Braaivleis: ’n Week van Kontroversie en Wenne

--:--
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE?

Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of swak joernalistiek? Is Netwerk24 besig om klieks te soek met sensasie waar die waarheid nie in die pad staan vir 'n goeie voorblad nie?

Ons vier die Springbokke en hul onlangse oorwinnings en verduidelik die verskil tussen ’n miljoen en ’n miljard – jy sal verbaas wees ver die twee eintlik van mekaar af is!

Sluit aan vir ’n episode propvol politiek, kultuurkontroversies en sporttriomf wat jou nuuskierig sal hou oor wat in Suid-Afrika aangaan.
2 Oct Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Waardeer Jou Onnie!

In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad. Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer…
23 Oct 1 hr 17 min

Tito, Tieties en Toe-krane

In hierdie KLETS gesels ons met Dr. Kathryn Malherbe van MediSol AI Solutions vir Borskankerbewustheidsmaand. Sy deel insigte oor algemene wanopvattings rondom borskanker, en hoe MediSol se AI-tegnologie ’n revolusie in die vroeë opsporing en diagnostiek van borskanker veroorsaak. Dr. Kathryn verduidelik hoe hul AI gebruik word om skanderings met…
16 Oct 1 hr 28 min

Van die Wêreld se Oorlog na Pretoria se Bloeisels

In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en…
9 Oct 53 min

Dieremaniere, Boere en Treine

In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en…
18 Sep 1 hr 27 min

9/11 en die Tweepot-Pensioenfondsstelsel

In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade…
11 Sep 1 hr 11 min