ECN weier om te sê oor Ren-Form

--:--
Die Namibiese Verkiesingskommissie weier om enige kommentaar te lewer oor die aanstelling van Ren-Form in Johannesburg om die nodige stembriewe vir die 27 November verkiesings te verskaf. Ren-Form is in die middel van ‘n korrupsie skandaal in verband met Zimbabwe se verkiesings waarby miljoene dollar betrek word. In Julie het Daily Maverick berig dat Ren-Form, die prys van onder meer stembriewe verhoog het terwyl sy polities verbonde Zimbabwiese sakeman, Wicknell Chivayo, betalings aan geheimsinnige amptenare gemaak het. In een geval het Ren-Form die Zimbabwiese verkiesingskommissie 23 miljoen Namibiese dollar gefaktureer vir 'n bediener wat normaalweg net 90 000 dollar kos. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka het eenvoudig die volgende gesê.
18 Oct 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NamRA se invordering verbeter met 10%

NamRA-kommissaris Sam Shivute het 'n mediakonferensie aangebied om die land op hoogte te hou van sleutelaangeleenthede wat met sy bedrywighede en strategiese prioriteite verband hou. Shivute sê dat inkomste-invordering vanjaar met 10 persent toegeneem het teen September tot 53,1 miljard Namibiese dollar vanaf die vorige boekjaar.
18 Oct 4AM 1 min

Hlope en kie boos oor NVG se Phala Phala besluit

Die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, het die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit gekritiseer om niemand in die Phala Phala-aangeleentheid te vervolg nie. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het 'n saak teen president Cyril Ramaphosa en die voormalige hoof van sy presidensiële beskermingseenheid, Wally Rhoode, geopen. Dit was oor die…
18 Oct 4AM 1 min

Aktiviste woedend oor seks-vir-punte by KZN-universiteit

Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta eis 'n dringende ondersoek na bewerings van seks-vir-punte by die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie in KwaZulu-Natal. Hy sê die skandaal onthul ernstige magsmisbruik en uitbuiting binne die akademiese omgewing. Makaneta beklemtoon die noodsaaklikheid vir aanspreeklikheid en sistemiese hervorming om vertroue onder studente en die gemeenskap te…
18 Oct 3AM 1 min