Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik

--:--
Tenders wat verband hou met die konstruksie van 'n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die tenders en die belangrikheid van die nuwe hospitaal.
18 Oct 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Regshulp-kwalifikasieplafon 'belangrik vir geregtigheid'

Beduidende wysigings aan regshulpregulasies ingevolge die Wet op Regshulp is in Junie aangekondig. Die destydse waarnemende woordvoerder van die justisie-ministerie Edmund Khoaseb, het gesê die wysigings het ten doel om toegang tot geregtigheid vir arm Namibiërs te verbeter. 'n Persoon kwalifiseer nou vir regshulp as hul maandelikse inkomste nie 7…
18 Oct 11AM 1 min

Geen borg vir beweerde polis-moordenaars

'n Polisie-sersant van Limpopo, Rachel Kutumela, haar dogter en suster het vandag in die Streekhof in Polokwane verskyn oor beweerde versekering-verwante moorde. Kutumela staan tereg op ses aanklagte van moord en 12 van bedrog terwyl haar familielede van geldwassery aangekla word. Die owerhede beweer sy het versekeringspolisse op ʼn bedrieglike…
18 Oct 11AM 1 min

Verantwoordelike Motorfietsry-belofte goed vir omgewing, toerisme

Veldmotorfiets-toerisme het die afgelope paar jaar negatiewe publisiteit gekry weens klagtes dat motorfietse ongerepte wildernisgebiede en sensitiewe wildhabitatte versteur. Freshline Africa Moto Adventures en Untamed Adventures & Tours het nou die Verantwoordelike Motorfietsry-belofte onderteken, met ondersteuning van Ultimate Safaris se Conservation Travel Foundation en Tourism Supporting Conservation, of Tosco. Die…
18 Oct 10AM 1 min

Landbou-unies sê werkverliese op pad weens minimumloon

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma het bevestig dat die minimumloon op 1 Januarie 2025 in werking tree. Onder andere die landbousektor het gevra vir 'n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Danie van…
18 Oct 10AM 1 min