Porsiegroottes en Pretoria in Protes

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd!

Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos plantgebaseerde diëte en "intermittent fasting". Is hierdie giere maklike maniere om gewig te verloor, of net foefies wat jou uithonger? Met praktiese advies verduidelik sy hoe jy jou bord en jou glas kan geniet sonder om jou desember lyf en gesondheid prys te gee.

In Pretoria ruk die Afrikaner-volk op, getooi in helder oranje, om hul stemme te laat hoor oor die BELA Wet. Dit lyk amper soos ‘n nederlandse sokker dag, behalwe dat Gayton McKenzie se "skop" vir Afrikaans die kollig gesteel het.

Intussen oor die waters in Amerika kies die kiesers óf blou óf rooi, en Peanut en Squirrel se pa het skynbaar ‘n groot “Longo.”

Kontak Ané Fourie by anefouriediet@gmail.com of op +27 (0)84 799 5605.

KLETS op Youtube - https://youtu.be/g1AlCOQ0xD0
Chapters
6 Nov 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Voëls, Buste en die Blou Reshuffle

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/ Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning. Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander…
24 Jun 52 min

Ons is nie kwaad genoeg nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/ Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg? Matthys was…
17 Jun 55 min

Renosters, Recovery en Rage Applying

Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/ Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie. Gavin Sterley…
10 Jun 1 hr 03 min

Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop. Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het…
3 Jun 56 min

Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/ Sommige dinge verander nie. Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser. Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees…
27 May 1 hr 03 min