Sonja Smith vertel oor hoe om voor te berei vir jou heengaan en wat om te doen as ‘n geliefde onverwags tot sterwe kom. Armandina Adams gee raad en wenke vir vroue oor hoe om na hul emosionele welstand om te sien.
Christine gesels met Isabella Niehaus oor Skepselkos, haar en Louis Janse van Vuuren se jongste kookboek. Dr. Pieter van Jaarsveld vertel daarna meer oor hoe om jouself gelukkig te dink.
Milanie Vosloo vertel meer oor haar geloofspad rondom haar sake-onderneming wat vanjaar 40 jaar oud is. Prof. Wentzel Coetzer geses met ons oor woede en hoe om dit korrek te bestuur. Kom luister saam!
In hierdie aflewering gesels Heidri Mittendorf, die samesteller van Bybelblokraaie en ander woordspeletjies, oor die lekker van blokraai. Ilse Roux vertel meer van die Bybelse vas en Estelle Rossouw vertel van die Might Woman in God-wegbreeknaweek wat eersdaags in Parys in die Vrystaat plaasvind.
Is jy breinbehendig en ken jy jou breinprofiel? Trudie en Deon Badenhorst van Neuroworx kuier in die ateljee om hieroor te gesels. Michelle le Roux van Karus Skincare deel haar getuienis en vertel van ‘n ongewone reeks skoonheidsprodukte gemaak van turksvypitolie.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.