EU-lidlande het plig om Bibi te arresteer
--:--
Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Beleid, Josep Borrell, sê die uitsprake van die Internasionale Strafhof is nie polities nie en moet toegepas word. Sy opmerking volg na die hof lasbriewe vir inhegtenisname van die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu, die voormalige minister van Verdediging, Yoav Gallant en die Hamas militêre leier, Mohammed Deif uitgereik het. Die hof sê daar is redelike gronde dat die drie mans misdadige verantwoordelikheid dra vir beweerde misdade teen die mensdom in die oorlog tussen Israel en Hamas. Borrell sê die beslissing moet gerespekteer word: