KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Van Duisternis na Lig: Elbre Jacobs se Getuienis van Verlossing

Loading player...
In hierdie inspirerende episode van Koffidate, deel Apostel Elbre Jacobs sy getuignis van hoe hy uit die duisternis van 'n uitdagende kinderjare, insluitend twee selfmoordpogings, na die lig van Jesus beweeg het. Deur sy ontmoeting met Jesus het hy die waarde van sy lewe ontdek. Elbre praat oor hoe die Here hom betyds van baie euwels in sy lewe gered het, al het hy destyds nie in God geglo nie. Hy deel ook sy werk in gemeenskapsprojekte, soos “STEP UP ASSOCIATION” en “STEP UP MINISTRIES,” en sy diepe passie om ander se siele te bereik en te help.
27 Nov 2024 Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Whitney Speelman-Roland, William Archilles

What a supernatural morning on #KOFFIDATE☕ with special guest Whitney Speelman-Roland, who shared her powerful testimony of redemption and hope. During “The Last Hour”, William Archilles gave insightful guidance on trauma and its long-term effects — reminding us of the importance of healing and seeking help. We are grateful for…
9 Jul 2 hr 04 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Kom Jesus, Kom, ’n Seisoen van Hoop en Roeping

’n Warm, vrolike episode vol lag, bemoediging en geestelike insig. Lady P gesels met Past. Stan Terketti oor roeping, gehoorsaamheid en God se getrouheid. Luisteraars van regoor die Wes-Kaap deel hul groetjies, en die lied “Kom Jesus, Kom” bring hoop en inspirasie op hierdie koue wintersdag.
11 Jun 1 hr 51 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Wanneer seisoene en tye verander

In hierdie diepgaande en hartroerende episode van Koffiedate delf Phillippine Morkel in die tema uit Prediker 3:1–2: “Daar is ’n tyd vir alles onder die son.” Sy bespreek die verskillende lewensseisoene — van teleurstelling en verlies tot opoffering, stilte en hoop. Luisteraars word herinner dat hoewel tye verander, God nooit…
4 Jun 2 hr 05 min