Kenner sê BRICS-lande sal sukkel met Trump-tariewe
--:--
BRICS-lande se ekonomieë gaan skade ly as Amerika se verkose president Donald Trump ʼn 100-persent-tarief teen die lande instel. Dis die mening van Future Forex se uitvoerende hoof, Harry Scherzer. Trump dreig om ʼn 100-persent-tarief teen BRICS-lande in te stel indien hulle ʼn ander geldeenheid as teenvoeter vir die Amerikaanse dollar gebruik. Scherzer sê indien Trump wel die tariewe instel, sal dit veral Suid-Afrika kniehalter, gegewe sy sterk handelsverhoudinge met Amerika: