Privaatpraktisyns sukkel steeds oor Namaf-tariewe
--:--
Die Namibië Privaatpraktisynsforum het die uitslae van 'n peiling wat in November gedoen is vrygestel. Daar is 'n aantal kwessies wat privaat gesondheidsorgverskaffers raak en die bedryf benadeel. Dit sluit in die ICD-10-koderingstelsel wat gebruik moet word anders word mediese fonds-eise nie uitbetaal nie, en ernstige klagtes oor die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, en Namfisa. Daar is bevind dat sommige van die kwessies die volhoubaarheid van die private gesondheidsorgbedryf bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben De Klerk, 'n konsultant van die forum, wat van die kwessies uitlig.