Uerikua gesels oor akkerbouers in Otjozondjupa
--:--
Droogte bly 'n groot bekommernis vir Namibië, met voortdurende uitdagings soos waterskaarste, landbouverliese en voedselonsekerheid. Die langdurige droë toestande het boerderygemeenskappe ernstig geraak, veral in landelike gebiede, waar oesmislukkings en die dood van vee algemeen voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, wat 'n opdatering gee van toestande en boerderybedrywighede in die streek.