'Ons demokrasie is verkrag'

--:--
Die bewerings dat Zanu-PF en Swapo met die verkiesing ingemeng het bly in die nuus. Die eerste bewerings is deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda gemaak en die LPM stem saam. Ivan Skrywer van die party sê daar is geen twyfel dat demokrasie in Namibië in gedrang is nie.
3 Dec 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ons sal die hof nader - IPC

Imms Nashinge, die woordvoerder van die IPC, het 'n setel in die Nasionale Vergadering bekom na die party 20 setels in die verkiesing gewen het. Dit is 'n beduidende ontwikkeling vir die IPC, wat die party nou die amptelike opposisie maak. Nashinge het met Kosmos 94.1 Nuus as partywoordvoerder gepraat…
4 Dec 2AM 1 min

Wallis se vroue-sokkerspan kwalifiseer vir Europese Kampioenskap

Wallis het vir die eerste groot vroue-toernooi gekwalifiseer. Hulle neem volgende jaar in Switserland deel aan die Europese Kampioenskap nadat hulle Ierland met 2-1 in Dublin geklop het. Hannah Cain en Carrie Jones se doele het aan Wallis ʼn oorwinning besorg ná verlede week se een-elk tuiswedstryd in die eerste…
4 Dec 2AM 1 min

Stigting besin oor sy bystand in 2024

Soos 2024 tot 'n einde kom, besin die Nangula Mbako-stigting, wat fokus op gesondheid, bemagtiging, onderwys, klimaataksie en ramphulp, oor sy prestasies die afgelope jaar. Die stigting beoog om voort te bou op sy suksesse en sy missie om positiewe verandering vir kwesbare bevolkings in Namibië te skep, verder te…
4 Dec 1AM 1 min

Tinubu vra beter ontwikkeling van jeug

Nigerië se president, Bola Tinubu, vra vinniger jeugontwikkeling in Afrika. Hy glo dit moet verder gaan as natuurlike hulpbronne, en moet geleenthede skep in verskeie sektore om die toekoms van Afrika te verseker deur die bemagtiging van sy jongmense. Tinubu het tydens die elfde bi-nasionale kommissie-gesprekke met Suid-Afrika gepraat. Hy…
4 Dec 1AM 1 min

Oshakati is voorbereid vir vakansiegangers

Die noordelike dele van Namibië is geneig tot oorstromings met verskeie brandpunte waar water opdam, veral in Oshakati wat dit gevaarlik maak vir reisigers om byvoorbeeld na Outapi te reis. Leonard Hango, burgemeester van Oshakati, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die dorp is gereed vir vakansiegangers ongeag die reën,…
4 Dec 12AM 1 min