Verkiesing 'n skandaal: Suidelike Afrika Hoë Kommissaris vir Menseregte
--:--
Reaksie word ontvang uit verskeie oorde oor die omstrede verkiesings. Die opposisieleiers is ook ontsteld en die IPC sal na verwagting Vrydag 'n aansoek by die hoërhof indien. Volgens sosiale media-plasing sal visepresident Netumbo Nandi Ndaitwah môre 'n perskonferensie hou. Prof. Talent Rusere, die Suidelike Afrika Hoë Kommissaris vir Menseregte, het aanlyn gesê die Namibiese verkiesing is 'n skandaal.