Cosatu teleurgesteld oor 0,3% BBP-daling

--:--
Cosatu sê dit is teleurstellend dat die land se bruto binnelandse produk met 0,3-persent ingekrimp het in die derde kwartaal, vergeleke met die tweede kwartaal. Statistieke Suid-Afrika sê die belangrikste bydraers tot die afname is landbou, vervoer en kommunikasie. Zanele Sabela van Cosatu sê dit het vir 'n kort rukkie gelyk asof daar verbetering is toe uitgebreide werkloosheid met 0,7-persent gedaal het en inflasie afgeneem het na 2,8-persent:
4 Dec 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NSA stel Nasionale Bevolkingsnabyheid Atlas bekend

Die Namibië Statistieke Agentskap het die Nasionale Bevolkingsnabyheid Atlas vrygestel, een van die sleutel tematiese verslae van die 2023-sensus. Die atlas kyk na die afstand van belangrike fasiliteite en dienste vanaf gemeenskappe. Vanjaar se atlas handel net oor die afstande tussen gemeenskappe en gesondheidsfasiliteite en netwerkdekking. Iipumbu Sakaria, die NSA…
4 Dec 11AM 1 min

150 onwettige mynwerkers vasgekeer in Sabie

Ongeveer 150 onwettige mynwerkers is steeds vasgekeer in 'n verlate myn in Sabie, Mpumalanga. Daar is na berigte drie dood en ses is reeds gered. Die situasie het gister na vore gekom, toe vier vermeende mynwerkers wat van die toneel gevlug het veiligheidspersoneel in kennis gestel het. Die polisiewoordvoerder, Donald…
4 Dec 11AM 1 min

IPBES sal ook plaaslike biodiversiteit uitlig

Namibië sal volgende week die middelpunt wees van die wêreldwye poging om biodiversiteit en ekosisteem-uitdagings aan te spreek, wanneer dit gasheer is vir die 11de voltallige vergadering van die Interregeringswetenskap-beleidsplatform oor biodiversiteit en ekosisteemdienste, IPBES. Die geleentheid vind van 10 tot 16 Desember by die Mercure- en Movenpick-hotelle in Windhoek…
4 Dec 10AM 1 min

Karl Gertze Gedenk-perdewedren bied iets vir almal

Die Karl Gertze Gedenkwedren Derby, 'n opwindende geleentheid vir perde-eienaars en toeskouers, sal op 28 Desember op die plaas N'eises naby Tsumis plaasvind. Verskillende aktiwiteite en vermaak sal aangebied word, ook vir die kleinspan. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die organiseerders, Henry Feris, gesels wat meer inligting verskaf.
4 Dec 9AM 1 min

Maak so as jou vee giftige plante vreet

Baie plante wat giftig is vir vee kom algemeen in weivelde voor in die lente en somer, met toksisiteitsvlakke wat wissel tussen spesies. Vee is veral kwesbaar tydens droogtes of wanneer voer skaars is, aangesien hulle die giftige plante kan vreet omdat hulle honger is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
4 Dec 9AM 1 min