Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Loading player...
Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter waarde van 413,4 miljoen dollar, gevolg deur koring teen 269,4 miljoen dollar, en rys teen 6,7 miljoen dollar. Die hoë invoerrekening word toegeskryf aan lae binnelandse produksie te midde van die voortslepende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat sê as dit nie gou reën nie, sal dieselfde volgende jaar gebeur.
21 Dec 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NamPol Oshana verskerp patrollies

Mense uit alle dele van die land stroom na die noordelike streke, en die Namibiese Polisie in die Oshana-streek het hul patrollies vermeerder ná die bekendstelling van 'n inisiatief om sigbaarheid regoor die streek te verhoog. Hierdie inisiatief sal tot 18 Januarie duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die…
22 Dec 4AM 1 min

Swapo-kongres 'goed vir party, demokrasie'

Swapo sal op 28 Februarie volgende jaar sy buitengewone kongres hou. ‘n Nuwe partypresident moet op die kongres verkies word na dr. Hage Geingob se afsterwe. Volgens berigte sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
22 Dec 1AM 1 min

Oshana-streek wag reikhalsend op reën

Volgens die jongste klimaatverslag van die Namibië Meteorologiese Diens is aansienlike reënval in November meestal oor die noord-oostelike dele van die land aangemeld. Gemiddelde tot ondergemiddelde reënval is oor die Kunene-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke aangeteken. ’n Boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato,…
22 Dec 12AM 1 min

Blinken kondig N$4,2-miljard hulppakket vir Soedan aan

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het 'n hulppakket ter waarde van 4,2-miljard Namibiese dollar aan die konflikgeteisterde Soedan aangekondig. Dit sluit 3,6-miljard-rand in vir humanitêre hulpverlening en 550-miljoen-rand om Soedan se demokratiese oorgang te ondersteun. Blinken het ter afsluiting van sy vier-jaar ampstermyn gesê dit bring Amerika…
22 Dec 12AM 1 min

Onthou die behoeftiges in die feestyd

Terwyl die feesseisoen ontvou, deel verskillende amptenare opregte boodskappe van welwillendheid. Tarah Shanyefu, Ongwediva-burgemeester, die belangrikheid daarvan beklemtoon om die minderbevoorregtes te onthou gedurende hierdie tyd van feesviering. Hy het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, om te verseker dat…
21 Dec 11PM 1 min