Die leierskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het olie op die vuur in Mosambiek gegooi deur die verkose president Daniel Chapo met gelukwensingsboodskappe te oorlaai. Dit is volgens die plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê die organisasie se leierskap is nie in beheer van die situasie nie. President Nangolo Mbumba…
Die mynwerkersvakbond NUM is ernstig bekommerd oor afleggings by bykans alle myne in die mynbousektor. Livhuwani Mammburu van NUM sê met die jaar wat amper op sy einde is, het die vakbond nuwe 189A-kennisgewings vanaf verskeie ondernemings ontvang. Hy sê werkers staan gebukkend onder 'n donker feestyd en die toekoms…
Die Keetmanshoop Hospitaal het 'n endoskopiese masjien saam met die uitreik mediese span van die Onandjokwe Hospitaal bekend gestel. Die Keetmanshoop hospitaal se mediese beampte, Bako Motinga, sê die masjien sal medici bystaan met die diagnose en behandeling van gastro- en ingewande-siektes. Twee-en-twintig pasiënte het reeds van die masjien gebruik…
Die Kavango-Wes-streek sukkel steeds met die onwettige oes van hout. Permitte word sedert 2023 uitgereik aan diegene wat aan streng vereistes voldoen. NamPol en die Namibiese Inkomste-agentskap het in 2023 en vanjaar meer as 1 600 stukke onwettige hout en 1 800 planke van Angola en Zambië gekonfiskeer. Boetes van…
Die Namibiese Polisie in die Otjozondjupa-streek het kommer uitgespreek oor die houding van sommige bestuurders op die B1, wat voortdurend verkeerswette en -regulasies verontagsaam. NamPol se gemeenskapskakelbeampte, senior inspekteur Maureen Mbeha, vra vir nakoming van die wette en versoek motoriste om noodvoertuie die reg van weg te gee, aangesien sommige…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.