Tiener-Kersgeboortes sit statutêre verkragting in fokus

Loading player...
Die gesondheidsdepartment vier die veilige aankoms van meer as 570 babas, onder wie ses tweelinge, op Kersdag in gesondheidsfasiliteite landwyd. KwaZulu-Natal het 47 Kersbabas verwelkom. Onder die ma's is drie 15-jariges en 'n 13-jarige, wat kommer oor die gemeenskap laat ontstaan. Die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Nomagugu Simelane, vra ouers om statutêre verkragtingsake in te dien teen mans wat tienermeisies swanger maak. Sy beklemtoon die wetlike plig om sulke gevalle aan te meld en vra die polisie om op te tree om minderjariges te beskerm.
26 Dec 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SAOG-leiers vererger Mosambiek-situasie: politieke ontleder

Die leierskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het olie op die vuur in Mosambiek gegooi deur die verkose president Daniel Chapo met gelukwensingsboodskappe te oorlaai. Dit is volgens die plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê die organisasie se leierskap is nie in beheer van die situasie nie. President Nangolo Mbumba…
27 Dec 5AM 1 min

Afleggings in mynbousektor bekommer NUM

Die mynwerkersvakbond NUM is ernstig bekommerd oor afleggings by bykans alle myne in die mynbousektor. Livhuwani Mammburu van NUM sê met die jaar wat amper op sy einde is, het die vakbond nuwe 189A-kennisgewings vanaf verskeie ondernemings ontvang. Hy sê werkers staan gebukkend onder 'n donker feestyd en die toekoms…
27 Dec 5AM 1 min

Keetmanshoop Hospitaal kry endoskopiese masjien

Die Keetmanshoop Hospitaal het 'n endoskopiese masjien saam met die uitreik mediese span van die Onandjokwe Hospitaal bekend gestel. Die Keetmanshoop hospitaal se mediese beampte, Bako Motinga, sê die masjien sal medici bystaan ​​met die diagnose en behandeling van gastro- en ingewande-siektes. Twee-en-twintig pasiënte het reeds van die masjien gebruik…
27 Dec 1AM 1 min

Kry permit vir hout-oes, of jy kry misdaadrekord

Die Kavango-Wes-streek sukkel steeds met die onwettige oes van hout. Permitte word sedert 2023 uitgereik aan diegene wat aan streng vereistes voldoen. NamPol en die Namibiese Inkomste-agentskap het in 2023 en vanjaar meer as 1 600 stukke onwettige hout en 1 800 planke van Angola en Zambië gekonfiskeer. Boetes van…
26 Dec 5AM 1 min

Bestuurders op B1 se padgedrag wek kommer

Die Namibiese Polisie in die Otjozondjupa-streek het kommer uitgespreek oor die houding van sommige bestuurders op die B1, wat voortdurend verkeerswette en -regulasies verontagsaam. NamPol se gemeenskapskakelbeampte, senior inspekteur Maureen Mbeha, vra vir nakoming van die wette en versoek motoriste om noodvoertuie die reg van weg te gee, aangesien sommige…
26 Dec 3AM 1 min