Gesins-instituut betreur vaderlose families, te midde van tienerswangerskappe

Loading player...
Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê gebroke gesinstrukture is 'n hoofoorsaak van Suid-Afrika se hoë syfer vir tienerswangerskappe. Dit volg op onrusbarende syfers, insluitend 'n 12-jarige wat oor die vakansie geboorte geskenk het en gelei het tot aanklagte van statutêre verkragting. Naidoo het aan die SABC gesê die gebrek aan ʼn vaderfiguur word verbind met verhoogde tienerswangerskappe en skoolverlating. Hy vra vir dringende optrede om hierdie neiging hok te slaan:
4 Jan 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Angolese brandstofsubsidies - noordelike sakeman steeds skepties

Angola beplan om alle brandstof-subsidies teen die einde van die jaar af te skaf. Die land se burgers is onbeïndruk en daar was verskeie betogings. Die regering sê dit is broodnodig omdat die fondse nodig is vir die land se ontwikkeling. Plaaslik sukkel vulstasie-eienaars met die smokkel van sogenaamde goedkoper…
6 Jan 5AM 1 min

SA-owerhede hou asemhalingsiektes in China fyn dop

Die buurland se regering sê hy hou die situasie in China fyn dop en kyk voortdurend uit vir nuwe inligting. China beleef ʼn toename in asemhalingsiektes, veral griep en die menslike meta-longvirus. Algemene simptome sluit koors, hoofpyn, liggaamspyne en ernstige hoesbuie in. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Foster Mohale,…
6 Jan 5AM 1 min

Globes: Demi Moore se aanvaardingtoespraak maak opslae

Demi Moore het by die Golden Globe-toekennings in Los Angeles haar eerste Golden Globe ooit gewen – na 45 jaar in die bedryf. Sy is as die beste ondersteunende aktrise vir haar rol in The Substance, aangewys. Die Globes het vroegoggend afgesluit maar, Moore se aanvaardingstoespraak maak nou reuse opslae…
6 Jan 5AM 1 min

Calle sê LPO het die reg om Meatco ledevergadering te eis

Die Lewendehawe Produsente-organisasie vra ‘n Meatco-ledevergadering aan na twee pogings om ‘n jaarvergadering te hou, eers in November en toe in Desember misluk het omdat daar nie kworum was nie. Die minimum hoeveelheid lede vir ‘n kworum staan op ‘n skamele 50 en Meatco het 400. Die LPO wil kritieke…
6 Jan 5AM 1 min

Kenner sê oor Brent se prys vir 2025

Ontleders meen dat Brent rondom 70 Amerikaanse dollar in 2025 verhandel. Volgens berigte het oliepryse in 2024 met ongeveer 3 persent gedaal, die tweede agtereenvolgende jaar wat die kommoditeit daal. Dit kom na vraagherstel na die pandemie afgekoel het en China se ekonomiese uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
6 Jan 5AM 1 min