GRN moet versigtig wees vir buitelandse militêre basisse op tuisgrond
Loading player...
Reaksie word ontvang op die jongste verslag van die Amerikaanse Pentagon wat aandui dat die Chinese weermag dit oorweeg om ‘n militêre basis in Namibië te vestig. Die twee lande werk jare reeds saam in verdediging en op 16 Desember het Namibië die eerste buitelandse kliënt van China se Y-9E mediumvragvliegtuig geword met twee wat in Grootfontein afgelewer is. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die Namibiese regering moet uiters versigtig wees hiervoor.