Beboet werkgewers wat nie minimumloon betaal: Nafau

Loading player...
Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, versoek werkgewers om te voldoen aan die nuwe nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur, wat op 1 Januarie in werking getree het. Penda het by 'n perskonferensie in Windhoek 'n beroep op die arbeidministerie gedoen om 'n moniteringspan te stig om nakoming te verseker. Hy sê dat maatskappye wat nie voldoen nie, beboet moet word.
8 Jan 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Zuma se tugproses is afgehandel - Ramaphosa

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê volgens die party se grondwet is die regte prosesse gevolg om oudpresident Jacob Zuma se lidmaatskap te beëindig. MK-partyleier Zuma, het die ANC tot 31 Januarie tyd gegee om hom as 'n lid van die party te herstel of regstappe in die…
9 Jan 3AM 1 min

Sirië ervaar 'n humanitêre krisis

Die Verenigde Nasies sê toegang tot gebiede in die noord-ooste van Sirië bly ʼn probleem weens die sluiting van interne grensposte en brûe wat deur onlangse gevegte beskadig is. Sowat 15 miljoen Siriërs het gesondheidsdienste nodig, byna 13 miljoen staar voedselonsekerheid in die gesig en ongeveer 620 000 is ontheem…
9 Jan 3AM 1 min

Mynwerkersvakbond reageer op werkgewer se reg op mediese verslae

Vakbonde het kommer oor ‘n besluit van die hooggeregshof dat werkgewers die reg het om meer inligting, sowel as mediese verslae kan aanvra tydens ‘n personeellid se siekverlof. Die hof meen werkgewers hoef nie net staat te maak op ‘n siekbrief nie, veral in verband met geestesgesondheid en verlengde siekverlof…
9 Jan 2AM 1 min

FlySafair ondersoek vir verbruikersregte

Die Nasionale Verbruikerskommissie het met 'n ondersoek na FlySafair begin ná bewerings van oorbespreking en oorverkope. Die kommissie hersien die FlySafair se voldoening aan die Wet op Verbruikersbeskerming en het inligting by die lugdiens aangevra om met die ondersoek te begin. Die hoof van klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, sê…
9 Jan 2AM 1 min