Dordabis as deel van Rehoboth beloof voordele

Loading player...
Die woordvoerder van die Rehoboth-dorpsraad, Desiree Pieters, het onlangs met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitbreiding van Rehoboth se munisipale grense om Dordabis in te sluit, wat as 'n belangrike mylpaal vir die dorp en die Hardap-streek beskou word. Pieters het die potensiële voordele uitgelig, insluitend verhoogde ekonomiese ontwikkeling, verbeterde infrastruktuur en nuwe beleggingsgeleenthede. Die nuut geïnkorporeerde area se strategiese ligging langs die B1-pad bied verdere geleenthede vir groei. Pieters het meer.
10 Jan 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ten spyte van reën, speel voerpryse nie saam nie

Alhoewel die nuwe jaar op 'n hoë noot begin het met reën, is nie al die nuus goeie nuus vir boere nie. Voerpryse sal in die eerste kwartaal van die jaar nog hoog bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester, wat verduidelik.
10 Jan 9AM 1 min

Eerste HopHydro-beker Namibië sokkertoernooi op pad

HopHydro Energy, in samewerking met die Collin Benjamin Sokkerakademie, gaan van 17 tot 19 Januarie die eerste HopHydro-beker Namibië aanbied. Die internasionale onder-18 sokkertoernooi sal by die CBS Arena, by Jan Mohr Hoërskool se sokkerveld, in Windhoek plaasvind. Die toernooi sal junior spanne van Suid-Afrika se Mamelodi Sundowns, Duitsland se…
10 Jan 9AM 1 min

Huurpryse sal steeds styg, maar stadiger

Die gemiddelde prys in die plaaslike huurmark het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg, aangedryf deur 'n styging van 14,7 persent in tweeslaapkamerverhurings, volgens FNB Namibië se huurprysindeks. Terwyl hierdie segment aansienlik gegroei het, het ander, soos drieslaapkamereenhede, skerp verlangsaam, wat bekostigbaarheidsuitdagings weerspieël. Algehele huurgroei het tot 2,7%…
10 Jan 9AM 1 min

Oud-Air Namibia werknemers wend hul na verkose president

Voormalige werknemers van Air Namibia staar steeds beduidende uitdagings in die gesig, insluitend onbetaalde skeidingspakkette en voortgesette werkloosheid. Hulle het in die openbaar 'n beroep op die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om hul lot aan te spreek voordat daar voortgegaan word met planne om die nasionale lugdiens te laat…
10 Jan 9AM 1 min

Gasvryheidsvereniging hoop op meer visumvrye reise

Tydens die onlangse besoek van die Chinese buitelandse sake-minister Wang Yi is verskeie planne aangekondig, onder meer toekomstige visumvrye reise tussen China en Namibië. Volgens president Nangolo Mbumba is Namibië vasbeslote om by die vinnig groeiende en winsgewende Chinese toerismemark in te skakel. Amptenare werk glo reeds daaraan om visumvrye…
10 Jan 9AM 1 min