KOPSKUIF - Nuwe Begin en Die Reis van Identiteit

Loading player...
2025 bring nuwe hoërskoolavonture vir leerders en hul ouers, vol opwinding, afwagting en onsekerheid. In hierdie episode deel Ingrid Harper, jeugleier van Domus Dei in Johannesburg, waardevolle insigte oor hierdie oorgangsfase. Sy beantwoord vrae soos: "Wat kan ek in die hoërskool verwag?" en "Hoe kies ek my vriende?", terwyl sy ook fokus op die geestelike ontwikkeling en identiteitsvorming van tieners.

Ingrid bespreek hoe ouers hul kinders kan lei deur hierdie uitdagings, met klem op die bou van 'n sterk geloofsidentiteit en 'n verhouding met God. Sy deel praktiese raad oor hoe om beperkte tyd effektief te gebruik om 'n geestelike basis te skep, terwyl kinders ruimte kry om self hul identiteit in Christus te ontdek.
11 Jan Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke

Lees is baie belangrik. Dit is een van die vaardighede wat ’n kind vir die res van sy lewe gaan gebruik en daarom is dit belangrik dat ’n kind goed kan lees en met begrip kan lees. Op Saterdag 21 Junie 2025 gesels Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke, op…
21 Jun 28 min