2025 in die Sterre: Politieke Melkweë en Kosmiese Kortsluitings

Loading player...
2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed.

Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos vir hulle in 2025 voorspel. Sal hulle die jaar op ’n melkweg van sukses deurbring, of wag daar ’n kosmiese kortsluiting op hulle?

Volgens die sterre is daar hoop dat die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) hierdie jaar oorleef, maar natuurlik nie sonder die nodige politieke “lovers quarrels” nie. Catherine voorspel 20 groot oomblikke wat Suid-Afrika hierdie jaar in beroering kan bring. Van ekonomiese hoop tot politieke drama — want dit ís mos Suid-Afrika after all.

Ons draai ook ons teleskope na die internasionale verhoog. Wat voorspel die sterre vir Donald Trump se Amerika? Hoe ontwikkel die Israel-Gaza-konflik en die Rusland-Oekraïne-oorlog?

En ja, ons het ook ’n voorsmakie van wat 2025 vir jou spesifieke teken voorspel. Die sterre ken die antwoord!

Dis ’n lekker lang KLETS met al die voorspellings, drama en humor wat jy nodig het om 2025 aan te pak. En as jy nou wonder wat die sterre oor jou spesifiek te sê het, kontak Catherine per WhatsApp by ‭(079) 696-6740‬ en vind uit!
Chapters
  • 05:00 Gaan die RNE dit maak?
  • 28:25 Bekende politici se melkweg of kosmiese kortsluiting
  • 56:43 Gaan Trump Amerika weer "great maak?
  • 01:12:41 Israel-Gaza-konflik en die Rusland-Oekraïne-oorlog
  • 01:25:55 20 groot oomblikke vir Suid-Afrika
  • 01:55:40 Wat sê jou sterre?
15 Jan 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min