Openbare vergadering môre oor omstrede lodge in Bwabwata

Network error while loading playlist url
‘n Openbare vergadering sal môre, Donderdag om half-tien by die Katolieke Kerk in die Kamutonja-gemeenskap plaasvind om die toerisme-ontwikkeling in die Manhangu-kerngebied in die Bwabwata Nasionale Park te bespreek. Die ontwikkeling is ongeveer 25 kilometer suid van Divundu. Maar inwoners is gekant teen die ontwikkeling en sê prosedures is nie gevolg nie. Volgens Mark Paxton van Shamvura Camp sal hulle en agt ander die projek in die hof uitdaag.
15 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wolfshag-skag sal tot 2027 by B2Gold lewer

B2Gold Namibia het gesê eksplorasieresultate dui op die potensiaal om ondergrondse produksie by Wolfshag tot 2027 uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het met die B2Gold-landbestuurder, John Roos, gesels wat sê dit sal die verwerkingsbedrywighede tot 2032 aanvul, wanneer ekonomies lewensvatbare voorrade na verwagting uitgeput sal wees. Kapitaalbesteding vanjaar by…
23 Jan 4AM 1 min

NTN hou oudisies vir nuwe toneelstuk

Die Nasionale Teater van Namibië gaan oudisies hou vir "God of Women", 'n toneelstuk deur die bekende Namibiese dramaturg professor Sifiso Nyathi, onder regie van Keamogetsi Joseph Molapong. Dit ondersoek die kompleksiteite van gebruiklike poligamie in die Namibiese samelewing. Die toneelstuk, ook ’n voorgeskrewe teks vir sekondêre skool Engels Tweedetaal-leerders,…
23 Jan 4AM 1 min

Geingos waarsku oor slenters

Die kantoor van die derde presidentsvrou van Namibië het kommer uitgespreek oor 'n toename in swendelaars wat Monica Geingos naboots. Die jongste skemas behels KI-gemanipuleerde video's van Geingos wat bedrieglike beleggingsgeleenthede bevorder. Die publiek word versoek om waaksaam te bly, te vermy om met sulke inhoud betrokke te raak en…
23 Jan 3AM 1 min

Cyril sê Davos was 'n sukses

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Wêreld Ekonomiese Forum in Switserland het getoon dat die land 'n wonderlike beleggingsbestemming is. Hy het die media by die forum in Davos toegespreek. Suid-Afrika het sy plek ingeneem as die eerste Afrika-land wat die presidentskap van die G20 inneem. Ramaphosa…
23 Jan 3AM 1 min

Outa is boos oor Nsfas wat skuld op studenteverblyf

Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku teen 'n dreigende krisis met studenteverblyf omdat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente verskaffers 44 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld. Die Vereniging vir Privaat Studentebehuising, wat 80 000 studente huisves, dreig om terugkerende studente weg te wys indien betalings nie binne twee weke gemaak word nie…
23 Jan 2AM 1 min