Vrou, 60, wat vir dwelms gearresteer is, is eintlik 'n tragedie

Loading player...
‘n 60-jarige Namibiese vrou sal in die Karasburg-laerhof verskyn na sy by Ariamsvlei gearresteer is met 1,3 miljoen Namibiese dollar se metamfetamien. Volgens NamPol het sy die grens vanaf Suid-Afrika teen omtrent 10-uur Maandagaand oorgesteek toe haar gedrag aandag getrek het. Haar bagasie is deursoek en twee pakke is gevind, gevul met vermoedelik metamfetamien. Nog pakkies gevul met die substans is op haar persoon gekry. Die sielkundige Shaun Whittaker reageer op die voorval en noem dit tragies.
15 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Oorweeg jy tuisonderrig? So werk dit

Die onderwysministerie se direkteur vir programme, Ayesha Wentworth, sê hoewel tuisonderrig wettig is in Namibië, vereis dit streng nakoming van die partye van die Wet op Basiese Onderwys van 2020. Die wet verplig ouers om by die ministerie aansoek te doen vir tuisskoolregistrasie en goedkeuring te kry. Volgens Wentworth moet…
15 Jan 9AM 1 min

Hardap-stelsel loop vol, besproeiing begin Maandag

NamWater het bevestig dat besproeiing by die Hardap groenskema op Maandag, 20 januarie hervat sal word. Die dam het goed water gevat het en onlangs van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim. Produsente sal 'n 'n 20 persent waterbesparing toepas, en sal dus 80 persent van hul normale watergebruik…
15 Jan 9AM 1 min

81 renosters in 2024 gestroop, 7 olifante

Stropery bly 'n belangrike kwessie in Namibië, met renosterstropery wat steeds 'n ernstige bekommernis is. Teen die einde van 2024 is 81 renosters gestroop, 'n toename vanaf 77 in 2023. Die omgewingministerie het Etosha Nasionale Park as 'n stropery-brandpunt geïdentifiseer en daar is ernstige kommer oor die park se kwesbaarheid…
15 Jan 9AM 1 min

Djokovic speel meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde ooit

Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat hy met die 21-jarige kwalifiseerder, Jaime Faria, afgereken het. Die Serwiër se 430 maak hom die speler wat meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde in die Ope Era gespeel het. Dit volg nadat hy die Portugees…
15 Jan 8AM 1 min